SPORT TOEKENNINGS: SA se rolstoel tennisster Kgothatso Montjane genomineer vir Sportvrou van die Jaar
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 20, 2025
- 1 min read
Die rolstoeltennisster Kgothatso Montjane het ook ’n nominasie ontvang vir die Sportvrou van die Jaar met ‘n Gestremdheid-kategorie by die 2025 SA Sporttoekennings. Kgothatso is genomineer saam met die Down-sindroom swemmer Minke Janse van Rensburg en die Paralimpiese diskus- en gewigstoot atleet Simone Kruger. Montjane se prestasies verlede seisoen sluit in ‘n Madrid Ope-titel en ook ‘n Wimbledon-halfeindronde in beide die enkel- en dubbelspel. Deur haar stigting het sy ook ‘n sportfasiliteit vir ‘n spesiale skool in Limpopo gebou wat haar impak van die baan af beklemtoon.






Comments