SPORT TOEKENNINGS: Suid-Afrika se Sportsterre word by die Sun City Superbowl vereer
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 26, 2025
- 1 min read
Die Olimpiese swemster Tatjana Smith is Sondagaand tydens ‘n glansgeleentheid in die Sun City Superbowl as Suid-Afrika se Atleet en Sportster van die Jaar bekroon. Die wêreldrekordhouer en Paralimpiese kampioen in diskusgooi Simoné Kruger is as Paralimpiese Vroueatleet van die Jaar vereer terwyl Olimpiese bronsmedalje-wenner in bergfietsry Alan Hatherly as Mansatleet van die jaar aangewys is. Die Suid-Afrikaanse 4 ×100 m-aflosspan het met die Span van die Jaar louere weggestap.






Comments