SPORTTOEKENNINGS: SA Sporttoekennings keer terug om die beste van 2024 te vereer
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 7, 2025
- 1 min read
Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur het bevestig dat die 18de Suid-Afrikaanse Sporttoekennings op 24 Augustus by die Sun City Superbowl sal plaasvind. Die aand sal uitstaande prestasies in Suid-Afrikaanse sport van 1 Januarie tot 31 Desember 2024 in die kollig plaas. Daar is is altesaam 19 kategorieë met die gesogte Sportster van die Jaar-toekenning wat ook die aand gemaak sal word. Die toekennings is daarop gemik om nie net atlete te vereer nie maar ook spanne en administrateurs wat die afgelope jaar ‘n bydrae tot Suid-Afrikaanse sport gemaak het.






Comments