top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

St Andrew’s is vanjaar se hokkiekampioen

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 1 day ago
  • 1 min read

St Andrew’s Skool in Bloemfontein is as die 2026-Vrystaatse hokkiekampioen gekroon nadat die skool die o.14- en o.19-titels gewen het.


Volgens inligting wat deur die skool gedeel is, het die o.14-span Wittenberg in die eindstryd geklop, terwyl die o.19-span Trio met 3-1 verslaan het.


Die oorwinning het St Andrew’s se dubbele titeloorwinning beklink. In die o.16-kompetisie het Grey Kollege hul afdeling teen Trio gewen.


Die skool sê die prestasie weerspieël die talent, toewyding en harde werk van die spelers en afrigtingspanne.



 
 
 

Comments


bottom of page