top of page

Steenhuisen prys boere vir ‘n rekord graanoes

  • Writer: Nadia Pieters
    Nadia Pieters
  • Nov 4
  • 1 min read

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, loof Suid-Afrika se graanprodusente vir die rekordoes wat hierdie seisoen gelewer is.


Dit is ten spyte van die ekonomiese druk wat boere in die gesig staar as gevolg van stygende insetkoste en dalende kommoditeitspryse.


Steenhuisen het die 2025-seisoen as ‘n ongelooflike prestasie beskryf.


Die land se totale graan- en oliesaadoes het 23-miljoen ton oorskry, ‘n toename van 30% in vergelyking met verlede jaar.


Hy het die veerkragtigheid en bydrae van graanprodusente geprys en opgemerk dat hulle nie net die nasie voed nie, maar ook noodsaaklike buitelandse valuta inbring, ons handelsbalans stabiliseer en duisende werksgeleenthede skep.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix


 
 
 

Comments


bottom of page