SA is onder die wêreld se tien beste koslande

18 minutes ago
1 min read
Suid-Afrika is tiende op die lys van die wêreld se beste lande vir kos, met ’n telling van 94,26%.
Volgens Condé Nast Traveller se 2026 Readers’ Choice Awards is Suid-Afrika se uiteenlopende kookkuns, wat inheemse, Indiese, Maleise en Europese invloede weerspieël, hoog aangeslaan.
Die land se tradisionele braaikultuur het ook besondere vermelding gekry.
Kaapstad het boonop vir die vierde agtereenvolgende jaar die 15de plek onder die wêreld se beste stede behaal.
Die stad se koskultuur, Tafelberg, strande, kulturele besienswaardighede en die gasvryheid van sy inwoners dra by tot sy aantrekkingskrag.









Comments