Suid-Afrika het ‘n langtermynoplossing vir die druk van bestuurslisensiekaarte nodig

May 12, 2025
1 min read
Suid-Afrika het dringend ‘n langtermynoplossing vir sy bestuurslisensiekaartdrukstelsel nodig. So sê die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa). Dit kom nadat die land se enigste lisensiekaartmasjien hierdie week van herstelwerk teruggekom het. Die 26 jaar oue masjien het in Januarie onklaar geraak, wat ‘n aansienlike agterstand in die uitreiking van kaarte veroorsaak het. OUTA se Stefanie Fick sê die land moet dringend ‘n permanente oplossing vind. Planne om ‘n nuwe stelsel aan te skaf is in 2024 opgeskort nadat die Ouditeur-Generaal probleme in die tenderproses uitgewys het.







Comments