top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Suid-Afrika sal nie na die volgende G20-beraad genooi word nie

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 27, 2025
  • 1 min read

Die Amerikaanse president Donald Trump sê Suid-Afrika sal nie na volgende jaar se G20-beraad genooi word nie.


SABC News berig die Verenigde State het nie vanjaar se beraad in Johannesburg bygewoon het nie omdat die Suid-Afrikaanse regering, volgens Trump, weier om die verskriklike menseregteskendings wat deur Afrikaners verduur word, te erken of aan te spreek.


Hy voeg by Suid-Afrika het geweier om die G20-presidentskap aan 'n senior verteenwoordiger van die Amerikaanse ambassade oor te dra tydens Sondag se afsluitingseremonie by Nasrec.


Hy sal ook alle betalings en subsidies aan Suid-Afrika met onmiddellike inwerkingstelling staak.


Donald Trump. FOTO: CBS News
Donald Trump. FOTO: CBS News

 
 
 

Comments


bottom of page