Suid-Afrika se eerste lewende skenkernier-verwydering is suksesvol
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 29
- 1 min read
In 'n eerste vir Suid-Afrika het 'n chirurg van die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid en Welstand 'n lewende skenkernier suksesvol met behulp van robotiese chirurgietegnologie by die Tygerberg-hospitaal verwyder. Volgens ‘n berig van die Universiteit Stellenbosh het die operasie, waar ‘n 45-jarige ma ‘n nier aan haar 24-jarige dogter geskenk het, verwagtinge oortref en is dit in minder as 90 minute voltooi. Tygerberg-hospitaal en die universiteit se hoof van Urologie, Prof André van der Merwe, het sy trots uitgespreek op die chirurgiese span se prestasie. Hy voeg by die operasie verteenwoordig nog 'n sprong vorentoe in chirurgiese innovasie. Van der Merwe verwag dat hulle meer van hierdie prosedures sal sien, en dat meer pasiënte voordeel uit hierdie tegnologiese vooruitgang sal trek.





Comments