Suid-Afrika stel die wêreld se eerste suikerriet-energiedrankie vry
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Oct 27
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse landbousektor het 'n wêreldwye eerste behaal met die bekendstelling van ʼn energiedrankie wat van suikerriet gemaak word.
Shesha, wat in KwaZulu-Natal vervaardig en geblik word, is volgens vervaardigers die resultaat van jare se navorsing, volharding en geloof in plaaslike moontlikhede.
Maroela Media berig 'n suikerrietboer en raadslid van SA Canegrowers, Kiki Mzoneli, sê Shesha se bekendstelling kom op ‘n tydstip waarop verbruikers toenemend op soek is na gesonder en slimmer energiealternatiewe. Danksy die rou suikerrietsapbasis, is Shesha van nature ryk aan antioksidante, minerale en vitamiene, wat dit voedsamer maak as die meeste ander energiedrankies op die mark.
As die enigste aandeelhouer in die inisiatief, neem SA Canegrowers aktief stappe om die suikerrietbedryf te diversifiseer en verder te ontwikkel buite die tradisionele suikerproduksie.






Comments