Suid-Afrikaners word gewaarsku teen dobbelary en finansiële bedrog

4 days ago
1 min read
JustMoney het Suid-Afrikaners gewaarsku oor die toename in dobbelaktiwiteite en finansiële bedrog.
Die maatskappy se 2026-opname oor geld en persoonlike finansies het bevind dat 54% van die respondente gereeld dobbel of aan die lotto deelneem.
Intussen sê 47% dat hulle al slagoffers van bedrog was, meestal deur plasings op sosiale media.
JustMoney se Pieter Wasserfal doen ’n beroep op die publiek om stappe te doen om hul geld te beskerm en hul finansiële selfvertroue te versterk.
Hy sê verbruikers moet ook vermy om finansiële advies by onbevestigde aanlyn-beïnvloeders of bekendes in te win.










Comments