Suliman Carrim is borgtog geweier

Die Noordwes-sakeman Suliman Carrim is borgtog deur die Musina-landdroshof in Limpopo geweier. Hy sal nou tot minstens 23 November agter tralies bly terwyl ondersoeke voortgaan na ’n saak wat verband hou met beweerde voertuigsmokkelary, geldwassery en verwante misdrywe.
Central News berig die hof het bevind dat Carrim nie aan die vereistes vir sy vrylating voldoen het nie en dat die toestaan van borgtog nie in die belang van geregtigheid sou wees nie.
Landdros Jerry Davhana het verskeie kommerpunte uitgelig. Dit sluit Carrim se versuim in om sy finansiële posisie, woonbesonderhede en bates volledig bekend te maak. Hierdie weglatings het volgens die hof vrae laat ontstaan oor die akkuraatheid en eerlikheid van die inligting wat hy verskaf het.
Ander faktore sluit in Carrim se verblyfpermit in die Verenigde Arabiese Emirate en sy beweerde eiendomsbelange in Dubai. Die staat het aangevoer dat dit dit vir hom makliker sou maak om die land te verlaat.










Comments