top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Swak finansiële bestuur beteken die Vrystaat sal tesourie-geld verbeur

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 4, 2025
1 min read

Weens ‘n gebrek aan finansiële dissipline sal die Vrystaatse regering in die huidige boekjaar R32 miljoen aan die nasionale tesourie verbeur.


VF PLus-lid van die provinsiale wetgewer, Armand Cloete, sê solank die ANC in beheer van die Vrystaatse beursie bly, sal druk op die Vrystaatse begroting toeneem en geld wat vir skole, paaie en dienste bedoel was, sal verbeur word en uiteindelik in ander provinsies aangewend word.


Bloemnuus berig met ‘n salarisrekening van R29 miljard, wat amper 64% van die totale provinsiale begroting beloop, kry kapitaalprojekte wat veral nuwe infrastruktuur moet bou, niks meer as ‘n halwe kans nie. Tot dusver is slegs 41% van die infrastruktuurbegroting bestee.


Volgens die Vrystaatse tesourie sal die begrotingstekort van R2,06 miljard vir die huidige boekjaar meer as verdubbel na R5,2 miljard in die volgende boekjaar.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page