Die Tesourie dreig om Mangaung-fondse terug te hou
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 25
- 1 min read
Die Nasionale Tesourie het 'n formele kennisgewing aan die Mangaung Metro Munisipaliteit uitgereik.
Hierin word gewaarsku dat die Metro se Desember-billike-aandeeltoekenning moontlik teruggehou kan word.
Dit weens ernstige en volgehoue oortredings van die Munisipale Finansiële Bestuurswet.
Luidens ‘n mediaverklaring van die DA is dit een van die ernstigste finansiële afdwingingsmaatreëls wat tot die Tesourie se beskikking is, en dui dat die Metro op die rand van fiskale mislukking is.
Die DA voeg by ten spyte van die erns van hierdie bedreiging, het die Uitvoerende Burgemeester versuim om die Tesourie-brief en die implikasies daarvan voor die Raad ter tafel te lê, wat beide raadslede en inwoners in die duister hou.






Comments