SWEM: Bloemfontein swemmer oorheers Vrystaatkampioenskap
- Saamgestel deur Armando Pieters

- 1 day ago
- 1 min read
Die 14-jarige Bloemfontein swemmer, Leandi Prinsloo, het by die afgelope Vrystaatkampioenskap ’n verstommende vertoning gelewer en 17 goue medaljes en 1 silwer los geswem.
Dit is luidens 'n plasing op Sekondêre Meisieskool Oranje se Facebookblad.
Een van haar hoogtepunte was die 50 m-vlinderslag, waar sy ’n nege jaar oue rekord gebreek het. Twee van haar goues was in aflos-items, maar dit is haar individuele oorheersing wat die grootste aandag getrek het. Leandi het aan elke liewe individuele item in haar ouderdomsgroep deelgeneem, en is slegs in die 800 m-vryslag geklop.
As bekroning vir haar uitmuntende reeks vertonings is sy aangewys as Junior Victrix Ludorum.
’n Naam om dop te hou in Suid-Afrikaanse swem.






Comments