top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SWEM: Bloemfontein swemmer oorheers Vrystaatkampioenskap

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 10, 2025
1 min read

Die 14-jarige Bloemfontein swemmer, Leandi Prinsloo, het by die afgelope Vrystaatkampioenskap ’n verstommende vertoning gelewer en 17 goue medaljes en 1 silwer los geswem.


Dit is luidens 'n plasing op Sekondêre Meisieskool Oranje se Facebookblad.

Een van haar hoogtepunte was die 50 m-vlinderslag, waar sy ’n nege jaar oue rekord gebreek het. Twee van haar goues was in aflos-items, maar dit is haar individuele oorheersing wat die grootste aandag getrek het. Leandi het aan elke liewe individuele item in haar ouderdomsgroep deelgeneem, en is slegs in die 800 m-vryslag geklop.


As bekroning vir haar uitmuntende reeks vertonings is sy aangewys as Junior Victrix Ludorum.


’n Naam om dop te hou in Suid-Afrikaanse swem.


Leandi Prinsloo. FOTO: Facebook
Leandi Prinsloo. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page