top of page

SWEM: Die SA swemafrigter Rocco Meiring loof die Olimpiese ster Tatjana Smith vir haar nalatenskap

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 11, 2025
  • 1 min read

SA Swem-afrigter Rocco Meiring sê Tatjana Smith het haar plek onder Suid-Afrika se swemlegendes verseker en ‘n nalatenskap agtergelaat wat reeds atlete soos Pieter Coetzé inspireer. Smith het afgetree nadat sy goud en silwer by die Olimpiese Spele in Parys gewen het en is op die kortlys vir beide Sportvrou- en Sportster van die Jaar. Meiring is ook saam met Jason Sewanyana en Andries Kruger genomineer vir die Afrigter van die Jaar toekenning. Die SASA-toekennings vind die 24ste Augustus in die Sun City Superbowl plaas.

 
 
 

Comments


bottom of page