SWEM: Eunice Hoërskool se swemmers blink uit tydens 'n suksesvolle Midmar Myl-veldtog
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Feb 9
- 1 min read
Eunice Hoërskool in Bloemfotnein se swemmers het die naweek 'n onvergeetlike en suksesvolle Midmar Myl-veldtog in KwaZulu-Natal gehad.
'n Groep van 73 leerders, saam met opvoeder mev. Marlize Swiegers, het die veeleisende 1.6 kilometer oopwaterswem by die jaarlikse Midmar Myl voltooi.
Die reis het ook 'n spanboubesoek aan uShaka Marine World ingesluit.
Eunice het uitstaande prestasies gelewer in die vroue 14 tot 30-ouderdomsgroep, met drie swemmers uit meer as 850 deelnemers wat onder die top 50 geëindig het.
Leila Yazbek, Dayna van Niekerk en Danielle Grobler het die aanval gelei en die skool se sterk punt van uithouvermoë-swem onderstreep.







Comments