top of page

SWEM: Twee top Italiaanse swemmers vir 90 dae geskors weens winkeldiefstal

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Oct 10
  • 1 min read

Twee top Italiaanse swemmers is vir 90 dae geskors nadat hulle in Maart in Milaan van winkeldiefstal aangekla is.


Die ondersoek het bevind dat Benedetta Pilato en Chiara Tarantino items met ’n waarde van ongeveer €300 geneem het.


As gevolg van die skorsing sal hulle nie aan internasionale of nasionale kompetisies deelneem nie, insluitend kwalifiseerders vir toekomsige toernooie.


Die Italiaanse swemfederasie het die uitspraak bevestig en aangedui dat verdere dissiplinêre stappe oorweeg word.


Benedetta Pilato. FOTO: IBTimes
Benedetta Pilato. FOTO: IBTimes

Comments


bottom of page