top of page

Swendelaars maak of hulle polisiebeamptes is

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 23
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens waarsku mense oor swendelaars wat hulle as polisiebeamptes voordoen. Hulle mislei niksvermoedende mense om geld oor te betaal of hul persoonlike inligting bekend te maak. Die beweerde swendelaars fabriseer nie-bestaande polisiestasies in hul bedrieglike korrespondensie, en versprei vals briewe met die polisiediens se logo en die name van regte senior beamptes daarop. Die Polisiediens sê mense moet nie geld in ruil vir die kansellasie van ‘n saak aan enigiemand betaal wat beweer dat hulle ‘n polisiebeampte is nie. ‘n Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Amanda van Wyk, doen ‘n beroep op enigiemand met inligting, wat kan help om die verdagtes op te spoor, om hul naaste polisiestasie te besoek.

 
 
 

Comments


bottom of page