TENNIS: Agtervolger toegang tot Aarbei & Room-toernooi geweier
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 24, 2025
- 1 min read
Tennisspeler Emma Raducanu sê sy voel veiliger en gerusgestel nadat Wimbledon-organiseerders ‘n man wat haar agtervolg het verhoed het om kaartjies vir vanjaar se toernooi te koop. Die man het haar na geleenthede in Singapoer, Abu Dhabi en Doha gevolg voordat hy van alle toergeleenthede verban is. Raducanu het Wimbledon en die polisie geprys vir hul vinnige optrede en bygevoeg dat ekstra sekuriteit in die Verenide Koninkryk haar gehelp het om meer beskermd te voel. Sy het ook gepraat oor die tol van aanlyn mishandeling en sê dat sy vermy om kommentare op sosiale media te lees om haar geestesgesondheid te beskerm. Die 2025 toernooi duur van 30 Junie tot 13 Julie.






Comments