TENNIS: Alcaraz en Musetti gereed vir groot stryd in halfeindronde van Italiaanse Ope
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 15, 2025
- 1 min read
Carlos Alcaraz het een van sy beste vertonings van die seisoen gelewer om Jack Draper met 6 - 4 en 6 - 4 te klop om ‘n halfeindstryd met Lorenzo Musetti by die Italiaanse Ope te bespreek. Musetti het vroeër die verdedigende kampioen Alexander Zverev met 7 - 6 en 6 - 4 in ‘n dramatiese tweestryd verstom deur vier stelpunte te red en toe deurgebreek het in die tweede stel om diè oorwinning te beklink. In die dames se halfeindrondes pak die plaaslike gunsteling Jasmine Paolini en die Amerikaner Peyton Stearns mekaar Donderdag terwyl Zheng Qinwen van China en Stearns se landgenoot en vierde gekeurde Coco Gauff ook sake sal uitspook vir ‘n plek in Saterdag se eindstryd.






Comments