top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

TENNIS: Alcaraz verdedig sy besluit om aan die Six Kings Slam-toernooi deel te neem

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Oct 17, 2025
  • 1 min read

Carlos Alcaraz het sy besluit verdedig om aan die hoogs betaalde Six Kings Slam-toernooi in Saoedi-Arabië deel te neem, ten spyte van vroeëre kommer oor die oorvol ATP-skedule en sy fiksheid.


Sy deelname het kritiek ontlok gegewe die verskyningsfooi van $1,5-miljoen en die wenprys van $6-miljoen.


Die Spanjaard, wat onlangs aan die Sjanghai-toernooi onttrek het om van ‘n enkelbesering te herstel, sê die toernooi se kort formaat en ontspanne aard maak dit baie minder veeleisend as amptelike toernooie.


Carlos Alcaraz. FOTO: Yahoo Sports
Carlos Alcaraz. FOTO: Yahoo Sports

 
 
 

Comments


bottom of page