TENNIS: Andy Murray & Novak Djokovic se paadjies skei na ses maande
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 14, 2025
- 1 min read
Andy Murray se afrigtingsvennootskap met Novak Djokovic het ná net ses maande tot ‘n einde gekom. Djokovic het die voormalige wêreldnommer een voor die Australiese Ope betrek maar diè duo se paaie het nou geskei aangesien die Serwiër sy topvorm wil laat herleef deur die Geneefse Ope voor Roland Garros te speel. Murray het Djokovic bedank vir die geleentheid en hom sterkte toegewens terwyl Djokovic dankbaarheid uitgespreek het vir Murray se ondersteuning en die kans om hul vriendskap te versterk. Djokovic gaan hom ook nou voorberei vir ‘n kans op sy vierde Franse Ope-kroon wat op 25 Mei begin.






Comments