TENNIS: Carlos Alcaraz stap met Chinese Ope titel weg na rillerstryd teen Jannik Sinner
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Oct 3, 2024
- 1 min read
Carlos Alcaraz het Woensdag ’n verbete terugvegpoging teen Jannik Sinner geloods om die Chinese Ope titel in te palm. Alcaraz wat vanjaar met die Franse en Wimbledon titels spog het Sinner wat die ander twee majors naamlik die Australiese en Amerikaanse Ope kampioen is met 6 – 7 , 6 – 4 en 7 – 6 verslaan. Die vroue kwarteindrondes sal beslis word tussen Zhang Shuai en Paula Baodsa wat 15de gekeur is terwyl die vierde gekeurde Coca Gauff teen Starodubtsewa ook sake sal uitspook. Mirra Andreeva en Qinwen Zheng gaan mekaar ook aanvat terwyl die nommer een gekeurde Aryna Sabalenka die gunsteling teen Karolina Muchova is om deur te dring na die laaste rondte van vier en dan sal fokus vir ’n plek in Sondag se eindstryd.






Comments