TENNIS: Dag 3 By Wimbledon 2025 verloop heelwat beter vir topgekeurdes
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 3, 2025
- 1 min read
Dag 3 het heelwat beter verloop vir van die topgekeurdes by vanjaar se Aarbei en Room toernooi. Novak Djokovic het sy Wimbledon-veldtog met ʼn oorwinning van vier stelle teen Alexandre Muller afgeskop. Die Serwiër wat op soek is na sy 8ste Wimbledon titel het mediese hulp nodig gehad ná hy skielik siek begin voel het weens ’n maagvirus maar het ná behandeling sy ritme begin herwin. Die verdedigende kampioen Carlos Alcaraz het min moeite ondervind teen Oliver Tarvet en in drie skoon stelle gewen. Suid-Afrika se Lloyd Harris se Wimbledon-droom is egter vroeg tot ’n einde gebring toe die 14de gekeurde Andrey Rublev diè eerste ronde kragmeting in vier stelle gewen het. Die telling was 6 – 7, 6 – 4, 7 – 6 en 6 – 3. In die vroue afdeling het die wêreld se beste speler en nommer een gekeurde Aryna Sabalenka maklik verby Mari Bouzkova gesweef terwyl die sesde gekeurde Madison Keys min moeite ondervind het teen Olga Danilovic in ’n sege van 6 – 4 en 6 – 2. Die 2de gekeurde Coco Gauff se Wimbledon-veldtog het skielik in die eerste ronde geëindig toe sy met 7 - 6 en 6 - 1 teen Oekraïne se Dayana Yastremska vasgeval het. Gauff het nie haar beste gespeel nie terwyl Yastremska wat nommer 42 in die wêreld is ‘n skitterende 78-minuut-vertoning vol wenners gelewer het.






Comments