TENNIS: Dag 3 van die Amerikaanse Ope sorg weer vir heelwat opwinding in New York
- Armando Pieters

- Aug 27
- 1 min read
Dag 3 van die 145ste uitgawe van die Amerikaanse Ope het weer vir heelwat opwinding in New York gesorg. Jannik Sinner het sy Amerikaanse-Ope titelverdediging teen die Tsjeggiese speler Vit Kopriva op ’n drafstap begin en het met 6 – 1, 6 – 1 en 6 – 2 gewen. Sinner het vanjaar reeds die Australiese Ope en Wimbledon titels verower gewen en mik nou daarna om die eerste mansspeler sedert Roger Federer in 2008 te word wat agtereenvolgende titels in New York kon wen. Intussen het Sinner se groot mededinger Carlos Alcaraz ook ‘n sterk begin gemaak deur die plaaslike gunsteling Reilly Opelka met 6 – 4, 7 – 5 en 6 – 4 te verslaan. Suid-Afrika se Lloyd Harris sal ook Woensdag in ’n taai tweede ronde wedstryd gewikkel wees wanneer hy die vierde gekeurde Taylor Fritz van Amerika in die Louis Armstrong stadion die stryd gaan aansê. In die vroue afdeling het Iga Swiatek met 6 – 2 en 6 – 1 verby Emiliana Arango gevleg terwyl verlede jaar se wenner Coco Gauff geen moeite teen Ajla Tomljanovic ondervind en ook in twee skoon stelle gewen het.





Comments