top of page

TENNIS: Dag 4 by die Amerikaanse Ope verloop seepglad vir die verdedigende vroue-kampioen Aryna Sabalenka

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 28, 2025
  • 1 min read

Emma Raducanu het die Indonesiese kwalifiseerder Janice Tjen met 6 – 2 en 6 - 1 geklop om deur te dring na die derde ronde van die Amerikaanse-Ope. Die verdedigende kampioen Aryna Sabalenka het ook deurgedring en Polina Kudermetova uitgestof om ‘n wedstryd teen Kanada se Leylah Fernandez op te stel. Spanje se Carlos Alcaraz het intussen Italië se Mattia Bellucci in die beroemde Arthur Ashe Stadion in skoon stelle geklop. Die telling was 6 – 1, 6 – 0 en 6 – 3. Die 11de gekeurde Holger Rune van Denemarke het homself agter vasgeloop teen die vasberade Duitse Jan-Lennard Struff wat die wedstryd in vyf stelle beklink het. Rune wat sy beste vertoning by die 2022 Franse Ope gelewer het toe hy tot die kwarteindronde kon haal is deur Struff met 7 – 6, 2 – 6, 6 – 3, 4 – 6 en 7 – 5 geklop.

 
 
 

Comments


bottom of page