top of page

TENNIS: Dag 4 by Wimbledon 2025 sorg vir nog verrassings

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 4, 2025
  • 1 min read

Dag 4 by vanjaar se Wimbledon grasbaan-toernooi het weer gemengde uitslae opgelewer. Die vierde gekeurde Jack Draper het homself vasgeloop teen Marin Čilić in vier stelle.  Draper het ’n terugvegpoging geloods in die derde stel en dit met 6 – 1 ingepalm waarna Čilić die wedstryd in die vierde beklink het. Die eerste gekeurde Jannik Sinner van Italië het sy kaartjie gepons vir ’n plek in die derde ronde by vanjaar se Wimbledon-toernooi toe hy die Aussie Aleksandar Vukic oorrompel het terwyl Novak Djokovic sy Wimbledon-droom vir ’n agtste titel lewendig gehou het met ‘n 6 – 3, 6 – 2 en 6 – 0 oorwinning oor Dan Evans. In die vroue-afdeling het die verdedigende kampioen Barbora Krejčíková vir Caroline Dolehide in drie stelle gestuit terwyl Iga Świątek ook drie stelle benodig het om Caty McNally vaarwel toe te roep.

 
 
 

Comments


bottom of page