TENNIS: Dag 9 by Franse Ope sorg vir heelwat aksie op Roland Garros se kleibane
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 3, 2025
- 1 min read
Alexander Bublik van Kazakhstan het op Roland-Garros geskitter toe hy die Brit Jack Draper in vier stelle geklop het. Hy het met 5 - 7, 6 - 3, 6 - 2 en 6 - 4 gewen en die eerste speler van sy land geword wat ‘n Grand Slam-kwarteindstryd kon haal en kom nou in ‘n opdraende stryd teen die wêreld nommer een Jannik Sinner te staan. *In die vroue-afdeling het Lois Boisson van ‘n stel agter teruggeveg om die derde gekeurde Jessica Pegula te verslaan en sodoende die eerste Franse vrou te word wat die kwarteindronde by Roland Garros sedert 2017 kon haal. Intussen het die eerste gekeurde Aryna Sabalenka haar plek in die laaste ronde van vier bespreek nadat sy die agste gekeurde Qinwen Zheng in twee stelle gestuit het. Die telling was 7 – 6 en 6 – 3.






Comments