top of page

TENNIS: Die Amerikaanse Ope laat die vonke reeds in die eerste ronde spat

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Aug 25
  • 1 min read

Die Amerikaanse Ope het Sondag met sy nuwe 15-dae-skedule afgeslaan met Emma Raducanu wat Japan se Ena Shibahara in skoon stelle huistoe getuur het. Aryna Sabalenka het haar titelverdediging goed begin en Rebeka Masarova met 7 – 5 en 6 – 1  geklop terwyl Janice Tjen met haar verrassende sege oor Veronika Kudermetova nou vir Raducanu in die tweede ronde sal ontmoet. In die mans afdeling het die 24-malige Grand Slam wenner Novak Djokovic ook veilig aanbeweeg na die volgende ronde toe hy die Amerikaner Learner Tien in drie stelle gestuit het. Dit was egter die wedstryd tussen die voormalige kampioen en vanjaar se 13de gekeurde Daniil Medvedev van Rusland en die Fransman  Benjamin Bonzi wat ‘n groot opskudding veroorsaak het. Met Bonzi wat afgeslaan vir die wedstryd het ‘n fotograaf op die baan verskyn terwyl Medvedev gewag het om te ontvang. Bonzi was gereed met sy tweede afslaan waarna die stoelskeidsregter Greg Allensworth vir Bonzi weer teruggeplaas het op ‘n eerste afslaan wat Medvedev rooi laat sien het. Die Rus het Allensworth ‘n paar woorde toegesnou en redekawel en na ‘n ses minuut lange onderbreking is spel hervat waar Medvedev die stel gewen het sowel as die 4de stel met 6 – 0. Bonzi het uiteindelik kop gehou en die beslissende stel met 6 – 4 ingepalm.

 
 
 

Comments


bottom of page