TENNIS: Die verdedigende Cincinnati Ope kampioene Jannik Sinner en Aryna Sabalenka maklik deur na die volgende ronde
- Armando Pieters

- Aug 11
- 1 min read
Die topgekeurdes Jannik Sinner en Aryna Sabalenka het ‘n indrukwekkende begin gemaak in hul titelverdediging by die Cincinnati-Ope. Sinner het Daniel Galán met 6 – 1 en 6 – 1 uit die pad gevee terwyl Sabalenka vir Markéta Vondroušová ook vinnig huistoe gestuur het met ‘n 7 – 5 en 6 – 1 oorwinning. Elders het Carlos Alcaraz, Coco Gauff, Iga Swiatek en Jessica Pegula almal gevorder tot die volgende ronde maar Daniil Medvedev, Alex de Minaur, Lorenzo Musetti en Casper Ruud het verrassende nederlae gely. *Van die baan af het Rafael Nadal en sy vrou Mery hul tweede seun Miquel in Mallorca verwelkom met beide ma en baba wat na bewering goed vaar.





Comments