TENNIS: Djokovic nie veel gepla oor ranglys
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Mar 26, 2025
- 1 min read
Novak Djokovic sê om bo-aan die wêreldranglys te wees, is nie meer top-prioriteit vir hom nie. Volgens wil die wenner van 24 Grand Slam-titels eerder nog major-seges wen.
Ná langer as 400 weke as nommer een op die ranglys, is die Serwiër nou nommer vyf – maar hy is nog ver van uitgewis word nadat hy Sondag sy 411de Meesters 1000-wedstrydsege behaal het.
Djokovic sê dit is deesdae anders, en hy is tevrede om ‘n Grand Slam en ‘n groot toernooi te wen, eerder as om bo-aan die ranglys te wees.






Comments