top of page

TENNIS: Jannik Sinner skenk raket aan Pous Leo XIV tydens ontmoeting in die Vatikaanstad

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • May 16
  • 1 min read

Die Italianer en wêreld nommer een mansspeler Jannik Sinner het Woensdag aangebied om ’n paar balle teen Pous Leo XIV te slaan toe diè twee mekaar in die Vatikaanstad ontmoet het. Sinner het die kwarteindronde van die Italiaanse Ope bereik nadat hy die Argentyn Francisco Cerundolo geklop het in twee skoon stelle. Sinner het in sy ontmoeting met die Pous gevra of hy ’n paar balle wil slaan waar die hooggeplaasde geskerts het dat hulle liewer nie moet nie nie. Die wêreld se beste speler het na afloop van hul ontmoeting een van sy rakette aan die 69-jarige Pous wat self ’n groot tennisaanhanger is oorhandig. Pous Leo is ook vroeër die week tydens ’n gesprek met joernaliste gevra of hy saam met Sinner sal speel waar hy grappenderwys gesê het dat hy eerder Andre Agassi as ’n spanmaat sal verkies.

 
 
 

Comments


bottom of page