TENNIS: Medvedev bereik Indian Wells ná ‘n reisontwrigting
- Saamgestel deur Jana Roos

- Mar 6
- 1 min read
Die Russiese tennisster, Daniil Medvedev, het uiteindelik by Indian Wells aangekom nadat hy vir ‘n paar dae in Dubai gestrand was weens reisontwrigting.
Medvedev is gesien terwyl hy saam met sy landgenoot, Karen Khachanov, oefen nadat albei spelers daarin geslaag het om Dubai vroeër vandeesweek te verlaat.
Berigte in Russiese media lui dat Medvedev, Khachanov en Andrey Rublev via Oman gereis het, voordat hulle na Turkye gevlieg het en uiteindelik Los Angeles bereik het. Al drie Russe het ‘n eerste ronde-loslootjie ontvang, met Rublev en Khachanov wat vandag geskeduleer is om te speel en Medvedev wat môre sy veldtog sal begin.








Comments