top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

TENNIS: Mirra Andreeva & Jack Draper wen titels by Indian Wells Ope

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 17, 2025
1 min read

Die Russiese tiener Mirra Andreeva het die wêreld se nommer een Aryna Sabalenka verstom met ‘n 2 - 6, 6 - 4 en 6 - 3 terugkomsege in die Indian Wells-eindstryd wat haar tweede agtereenvolgende WTA 1000-titel verseker het. Die 17-jarige wat die jongste vrouefinalis by die toernooi in 24 jaar is het haar ritme in die middel van die wedstryd gevind en die oorwinning met ‘n voorhandwenner beklink. In die mansafdeling het Brittanje se Jack Draper vir Holger Rune van Denemarke met 6 - 2 en 6 - 2 van die baan af gespeel. Draper het met diè titel vir die eerste keer ‘n plek in die top-10 verseker.

 
 
 

Comments


bottom of page