top of page

TENNIS: Sabalenka stuur duidelike waarskuwing

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 12
  • 1 min read

Updated: Jan 13

Aryna Sabalenka het die Brisbane International vir die derde keer, en tweede jaar agtereenvolgens, gewen met ’n 6-4, 6-3 sege oor Marta Kostyuk.


Die wêreld se voorste vrouespeler het gesê sy is tevrede met die gehalte van haar spel en skuif nou haar fokus na die Australiese Ope in Melbourne.


In die mansafdeling het Daniil Medvedev die titel ingepalm nadat hy Brandon Nakashima met 6-2 en 7-6 geklop het.


Die Australiese Ope sal van 18 Januarie tot 1 Februarie beslis word.


Aryna Sabalenka. FOTO: BBC
Aryna Sabalenka. FOTO: BBC

Comments


bottom of page