top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

TENNIS: Sinner betrek ervare afrigters na vroeëre afdankings

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 18, 2024
1 min read

Die Italiaanse tennisspeler, Jannik Sinner, het twee ervare afrigters by sy span gevoeg. Sinner sit al ‘n paar maande sonder ‘n fiksheidafrigter en fisioterapeut, nadat hy vir Giacomo Naldo en Umberto Ferrara die trekpas gegee het. Die afdankings was gedoen nadat Sinner in Maart positief getoets het vir die steroïde clostebol waarvoor hy geen straf ontvang het nie. Marco Panichi en Ulises Badio het Maandag by Sinner aangesluit met diè twee wat tevore met die 24-malige Grand Slam-wenner, Novak Djokovic, kragte saamgespan het.

 
 
 

Comments


bottom of page