TENNIS: Swiatek en Ruud deur na die halfeindronde van die hersiene gemengde dubbelspel by die Amerikaanse Ope
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 20, 2025
- 1 min read
Iga Swiatek en Casper Ruud het hul plek in die halfeindronde van die hersiene Amerikaanse Ope se gemengde dubbelspel verseker nadat dié paar vir Madison Keys en Frances Tiafoe huistoe gestuur het. Hulle ontmoet nou die top-gekeurdes Jessica Pegula en Jack Draper wat Carlos Alcaraz en Emma Raducanu uitgeskakel het met 4 – 2 en 4 – 2. In die tweede halfeindstryd sal die Amerikaners Danielle Collins en haar spanmaat Christian Harrison teen Italië se Sara Errani en Andrea Vavassori te staan kom. Die eindstryd word Donderdagoggend om 03:20 (SA tyd) gespeel.






Comments