top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

TENNIS: Wimbledon spog met rekord pryspot

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jun 13, 2025
1 min read

Die Wimbledon grasbaan-toernooi het ‘n totale prysfonds van £53,5 miljoen vir vanjaar se kampioenskap aangekondig - in vergelyking met £50 miljoen in 2024. Beide die mans- en vroue-enkelspelkampioene sal elk £3 miljoen verdien. Spelers wat in die eerste rondte van die enkelspel uitgeskakel word sal ook ‘n hupstoot kry en £66 000 vir hul moeite verdien. Die derde Grand Slam toernooi van die jaar vind plaas tussen 30 Junie en 13 Julie by die All England Lawn Tennis & Croquet Club.

 
 
 

Comments


bottom of page