Toegang tot inligting is steeds ’n struikelblok vir vroue in mynbou

Sep 8
1 min read
’n Gebrek aan toegang tot inligting bly een van die grootste struikelblokke vir vroue se deelname aan Suid-Afrika se mynbou- en petroleumsektore.
Dit is volgens die adjunkminister van Minerale en Petroleumhulpbronne, Phumzile Mgcina, wat die Vroue in Mynbou- en Petroleumkonferensie in Durban aangebied het.
Sy sê inligting is nie altyd maklik toeganklik of verstaanbaar nie, en bereik ook nie altyd die mense wat dit die nodigste het nie.
Mgcina sê dit verg doelbewuste en volgehoue ingryping.
Sy glo beter toegang tot inligting kan vroue help om meer betekenisvol aan die mynbou- en petroleumsektore deel te neem.








Comments