Trump belowe Amerikaners $5 00 indien Republikeine die verkiesing wen

Sep 11
1 min read
Die Amerikaanse president Donald Trump belowe elke volwasse Amerikaner ’n uitbetaling van $5 000, sowat R81 000, indien die Republikeine albei kamers van die Kongres in November se middeltermynverkiesing wen.
Die plan kan die Amerikaanse regering ongeveer R21,1 biljoen kos, maar Trump het nog geen besonderhede oor hoe dit befonds sal word, bekend gemaak nie.
Visepresident JD Vance het die voorstel aan inkomste uit invoerbelasting gekoppel.
Demokrate het dit as ’n leë belofte bestempel, terwyl kritici vrae oor die wettigheid en uitvoerbaarheid daarvan het.
Trump het ook die ekonomiese probleme wat deur die oorlog met Iran veroorsaak is, verdedig en gesê dit is nodig om te keer dat Teheran kernwapens ontwikkel.








Comments