top of page

Trump neem die Venezolaanse presidentspaar gevangene

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 4
  • 1 min read

Amerika se president Donald Trump sê sy land het Venezuela se president Nicolas Maduro en sy vrou, Cilia Flores, gevangene geneem, nadat hulle ʼn “grootskaalse aanval” op die Suid-Amerikaanse land van stapel gestuur het.


Maroela Media berig Trump se bewering dat Maduro gevange geneem is, kom twee dae nadat Maduro probeer het om met Trump in gesprek te tree en samewerking aangebied het in die stryd teen dwelmhandel en onwettige migrasie.


Intussen berig Newskoop Maduro het ‘n nasionale noodtoestand in Venezuela verklaar nadat ontploffings die hoofstad Caracas Saterdag geskud het.


Die Venezolaanse regering beskuldig die VSA daarvan dat hulle die aanval in die stad en ander gebiede uitgevoer het.


Hulle glo dat die beweerde aanvalle ‘n poging is om die land se politieke onafhanklikheid met geweld te verbreek en sy olie en minerale te konfiskeer.


Nicolas Maduro en sy vrou, Cilia Flores. FOTO: Maroela Media
Nicolas Maduro en sy vrou, Cilia Flores. FOTO: Maroela Media

Comments


bottom of page