Trump sê die oorlog in Oekraïne kan dalk binnekort eindig

7 days ago
1 min read
Die president van die Verenigde State van Amerika (VSA), Donald Trump, sê 'n ooreenkoms om 'n einde aan die oorlog in Oekraïne te bring, kan dalk binnekort bereik word.
Trump het bekendgemaak dat hy hierdie week met 'n gesant van die Russiese president, Wladimir Poetin, vergader het.
'n Afvaardiging uit die VSA sal na verwagting volgende week as bemiddelaar optree in gesprekke tussen Rusland en die Oekraïne.
Trump sê die betrokke partye is naby aan 'n skikking.










Comments