Trump sê die oorlog tussen die VSA en Iran is 'feitlik verby'

Amerikaanse president Donald Trump sê hy beskou die oorlog tussen die VSA en Iran as feitlik verby. Dit kom nadat hy hy die eerste minister van Qatar, Sheikh Mohammed bin Abdulrahman bin Jassim Al Thani, in Washington DC ontmoet het.
Al Jazeera berig hy het Maandag in 'n onverwagse mediakonferensie herhaal dat die VSA Iran se militêre vermoëns vernietig het. Sy opmerkings dui egter daarop dat hy onder druk van bondgenote in die Midde-Ooste verkeer om die vyandelikhede te beëindig.
Trump het nietemin erken dat die handhawing van die huidige situasie sal beteken dat die Amerikaanse vlootblokkade teen Iranse hawens voortgaan, asook die nuut aangekondigde Taakmag Iron Gate, wat daarop gemik is om handel oor land en deur die Kaspiese See te stuit.
Trump het tydens sy mediakonferensie ook aangedui dat die VSA bereid is om die gevegte te hervat indien nodig.










Comments