top of page

Twee is dood toe hulle van 'n bakkie af op die N1 geslinger is

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 12
  • 1 min read

Slegs 2km van die hoewe in Ferreira in Bloemfontein waar ‘n vliegtuig neergestort het, is twee mense dood toe die bakkie waarop hulle was van die pad af gery het.


Netwerk24 berig hulle is tot op die N1-hoofweg geslinger.


Die bemarkingsbestuurder van die nooddiens VR Med, Pieter du Plessis, sê twee mense is na die Busamed-hospitaal en ses na die Pelonomi-hospitaal in die stad geneem.


Dit is nie duidelik waarheen die bakkie met die 10 mense agterop op pad was nie.


FOTO: Facebook
FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page