top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Twee is soek ná 'n skietmoord in die Vrystaat

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 13 minutes ago
  • 1 min read

'n Saak van moord word ondersoek ná ’n noodlottige skietvoorval naby ’n plaaslike kroeg in Welkom in die Vrystaat. Polisiewoordvoerder, sersant Palesa Thabana, sê in 'n verklaring die polisie is na ’n skietvoorval in Doorn ontbied.


Met hul aankoms op die toneel is hulle na die liggaam van ’n man verwys wat roerloos in die straat gelê het. Die slagoffer is met ’n skietwond agter in sy kop aangetref, en is deur sy broer as Pitso Jonas Motaung geïdentifiseer. Hy is deur nooddienspersoneel op die toneel dood verklaar.


Volgens inligting het die slagoffer na sy motor gegaan en, terwyl hy teruggestap het na die perseel, is twee mans gesien wat hom nader. Daarna is drie skote gehoor wat die oorledene noodlottig gewond het. Die twee verdagtes het te voet van die toneel gevlug.


Ondersoeke na die moord is onderweg, en geen inhegtenisnemings is in hierdie stadium gemaak nie.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page