top of page

Twee is vas nadat hulle 'n bejaarde in haar kattebak toesluit

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 20
  • 1 min read

Twee verdagtes is in hegtenis geneem ná die aanval en ontvoering van 'n 72-jarige boervrou van Bultfontein in die Vrystaat.


Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê in 'n verklaring die hoofverdagte is 'n voormalige werknemer. Hy word van poging tot moord en ontvoering aangekla. Die tweede verdagte is in hegtenis geneem nadat hy met van die slagoffer se eiendom betrap is.


Hulle sal binnekort in die Bultfontein-landdroshof verskyn, waar daar moontlike bykomende aanklagte sal wees, insluitend huisroof.


Rosestad-nuus het vroeër berig die bejaarde is deur haar aanvallers vir byna 'n volle dag in haar eie motor se kattebak toegesluit. Kareli bevestig sy is by 'n hospitaal behandel, en sterk nou tuis aan.


Ter illustrasie. FOTO: Auto Guru
Ter illustrasie. FOTO: Auto Guru

Comments


bottom of page