top of page

‘n Bejaarde boervrou is vir byna ‘n dag in haar kattebak vasgekeer

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 19
  • 1 min read

Updated: Jan 20

‘n Bejaarde boervrou, wat alleen in die Bultfontein omgewing boer, is in haar huis oorrompel en aangerand.  


Sy is daarna in haar eie motor se kattebak toegesluit en deur haar aanvaller in die rigting van Bloemfontein vervoer.


Die 72-jarige boervrou was vir byna ‘n volle dag in die hitte in die kattebak toegesluit.


Dit ná die voertuig naby Soutpan onklaar geraak het, en die aanvaller haar langs die pad agtergelaat het.


Volgens Vrystaat Landbou het ‘n polisiebeampte die voertuig Saterdagoggend opgemerk en alhoewel hy nie aan diens was nie, het hy later ondersoek ingestel en die vrou vrygelaat.


In ‘n mediaverklaring het VL hulle skok oor dié sowel as die Clocolan-boer se aanval, waaroor Rosestad-nuus vroeër berig het, uitgespreek.


Ter illustrasie. FOTO: AutoGuru
Ter illustrasie. FOTO: AutoGuru

Comments


bottom of page