top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Twee mans skiet willekeurig op mense in Botshabelo

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 3, 2025
1 min read

Twee mans is in hegtenis geneem na ’n skietvoorval in Botshabelo waarin hulle na bewering willekeurig op mense geskiet het. Volgens ’n polisieverklaring is ’n poging-tot-moordsaak by Botshabelo-polisie aangemeld. Twee manlike verdagtes het glo ’n vuurwapen uitgehaal en op omstanders in Seksie A geskiet. Gelukkig is niemand beseer nie. Operasionele optrede het gelei tot die inhegtenisname van tiener in besit van ’n onwettige 9mm-vuurwapen by ’n huis. Verdere ondersoek het die inhegtenisneming van ’n nog ’n tiener moontlik gemaak, wat ammunisie in sy besit gehad het. Beide verdagtes is in hegtenis geneem en aangehou vir poging tot moord. Hulle sal binnekort in die hof verskyn.

 
 
 

Comments


bottom of page