top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Twee nuwe brûe word in Lesotho geopen

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 11
1 min read

Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, en haar eweknie in Lesotho, Mohlomi Moleko, het Vrydag twee pas voltooide brûe in die Mokhotlong-distrik amptelik geopen.


Die Mabunyaneng- en Khubelu-brûe vorm deel van Fase 2 van die Lesotho Highlands-waterprojek en sal deurlopende toegang verseker nadat die Polihali-dam se reservoir bestaande oorgange oorstroom.


Majodina sal tydens haar driedaagse besoek ook die Polihali-dam, die wateroordragtonnel en hervestigingsgebiede inspekteer.


Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê die projek het ten doel om bykomende wateropgaarvermoë vir Suid-Afrika te verseker.


LUISTER HIER:


Wisane Mavasa

Pemmy Majodina. FOTO: Facebook
Pemmy Majodina. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page